Bokkaas meldalje slaai

My moeder het een aand met hierdie kaaswiele by die huis aangekom, tannie Diana het weer produkte kom lewer in die dorp en hierdie het Naomi se oog gevang. Dankie tog. Tannie Diana maak haar eie maaskaas van bokmelk, bedek dit met ‘n fyn broodkrummeljie en verkoop dit as bevrore medaljes. Die middel is romerig,…

Bokkombrood

My pa vra al lank na so ‘n broodjie. Met sy hoë bloeddruk en al, bly bokkoms een van sy gunstelinge. Of die bokkom hom in daai toestand gekry het maak seker ook nou nie saak nie, ek glo nie hy sal die liefde opgee nie. ‘n Trossie bokkoms van Moorreesburg se Weskus Vissery winkel…

Slaai vir die Braai

Die woord “slaai” het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om al vandag se nuwe dieetplanne te akkommodeer. Slaai is nie net meer groen blare, tamaties en komkommer nie. Ek het lank gedink en kon nie die woord presies definieer nie. Selfs die HAT lys ‘n verskeidenheid van groentes en vrugtes wat in ‘n slaai omskep kan word….

Bulgur, brokkoli en bone

Bulgur koring is ‘n gekraakde, gedeeltelik gekookte volgraankoring. Volgraan, omdat die graan nie verfyn is nie en steeds die natuurlike vesel bevat. Hier is juis waar baie van die nutriënte is en verklaar waarom ons aanbeveel word om eerder volgraan produkte te kies. Ek gebruik hierdie graan as ‘n basis vir baie geregte, omdat dit…